Hallo daar almal,
Ek is seker baie sal met my saamstem dat Desember maand is die beste maand in die Estate want dan is die meeste mense met vakansie en die plek behoort aan die paar van ons wat agter bly. Die diere is oral van naby te sien en die ou kleintjies is darem maar te oulik as hulle so in die veld rond en bont spring agter hul ma's aan. Dit is nou ons tweede Desember maand wat ons net by die huis bly om net hierdie absolute stilte en vrede te ervaar. Ons verkies om met vakansie te gaan wanneer almal weer terug is by die werk en skool. Dan het ons ook weer die see en strand vir onssself. Ons is seker maar selfsigtig!
Ons stem heeltemal met Ciarra saam omtrent die afwesigheid van kommunikasie in die plek. Ons het uitgevind dat die braai elke nou en dan is afgestel omdat daar glo nie genoeg mense opgedaag het nie. Ons het in die begin e-mails gekry om ons te herinner en om getalle te bevestig, maar die laaste drie keer het ons geen e-mails gekry nie. Hulle kan nie verwag dat mense sal opdaag as hulle nie ten minste 'n week voor die tyd 'n herinnerings nota kry nie. Kan ons nie maar weer probreer om elke drie maande 'n braai te reël nie behalwe gedurende winter maande nie? Ons moet net 'n beter manier bedink om die inwoners daaroor in te lig. Die klub huis is daar vir ons gebruik, maar ons weet nie eers of dit toelaatbaar is om 'n drankie daar te gaan drink of nie en wanneer dit uitgehuur word of nie. Hoe vind ons uit?
Dan ten laaste ons raat aan Gato die plant man - verruil die plante wat jy gekoop het en wat nie inheems is nie uit aan ander mense buite die Estate vir plante wat inheems is. Sodoende kry jy darem iets terug vir die geld wat jy uitgegee het.
Groete aan almal
Mnr em Mev XYZ
Saturday, December 26, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)